Vriendelike Diens
Ek wil net bevestig dat die bed wat ek bestel het, afgelewer is soos ooreengekom. Baie dankie vir goeie en vriendelike diens. Die bed is presies wat ek bestel het, die aflewering was stiptelik en die mense wat die bed afgelewer het, was baie behulpsaam, en het my dogter gehelp om die bed te monteer. Dankie vir die gratis kussing wat saam met die bed afgelewer is. Ek sal in die toekoms weer van u dienste gebruik maak as ek weer aankope moet doen.
‘n Mens is huiwerig om oor die internet besigheid te doen, maar ek is hoogs tevrede in hierdie geval.
Vriendelike groete
Review By: Johlene — Riviera, July 2014